Klient Bestaan Reeds - Xero
Wanneer jy probeer om ‘n kliënt by te voeg en die foutboodskap kry wat sê: "The contact name (Client Name) is already assigned to another contact. The contact name must be unique across all active contacts." beteken dit dat daar reeds ‘n kliënt met daardie naam in Xero bestaan. Jy sal dan die kliënt vanaf Xero in SmartPractice moet sinchroniseer en hulle aktiveer vir die nodige dienste.
- Die volgende fout sal voorkom wanneer jy probeer om ‘n kliënt by te voeg wat reeds in Xero bestaan
- Gaan na die soekbalk en tik "Xero Synchronisation"
- Klik op Soek
- Klik op die Xero Synchronisation-ikoon
- Soek vir die kliënt se naam
- Klik op "Sync Contacts"
- Die kliënt sal dan vanaf Xero na SmartPractice gesinchroniseer word
- Gaan na die soekbalk en tik "Client Enable"
- Klik op Soek
- Klik op die "Client Enable / Remove"-ikoon
- Soek vir die kliënt
- Klik op "Show Results"
- Klik op "Not Enabled"
- Werk die nodige besonderhede en Dienste by
- Klik op "Save and Update Client Info"
- Werk die kliëntinligting verder by soos nodig
- Klik op "Save Details"
Updated on: 09/10/2025
Thank you!